RAAK BETROKKE
Laerskool Paul Greyling is nie net ‘n skool nie, ons is ‘n gemeenskap. ‘n Gemeenskap wat glo in ‘n beter Vishoek, ‘n beter Wes-Kaap, ‘n beter Suid-Afrika.
Paul Greyling, hier om te dien - te dien in geloof.
OOV
Die Ouer Onderwyser Vereniging, in kort OOV, is in beheer van die skool se fondsinsamelings projekte.
Van koekverkopings en sportdae se snoepie- koördinering tot reël van bv. danse.
Elke graadgroep het twee of meer OOV-lede en is die skakel tussen die OOV en ouers.
Adverteer jou besigheid
Ons is 'n saam-staan gemeenskap wat mekaar graag ondersteun.
Daar is meer as een manier om jou besigheid te adverteer by Laerskool Paul Greyling. Skakel gerus die kantoor om meer uit te vind oor bemarkingsgeleenthede vir jou besigheid.
Borg 'n leerder
Wees 'n kind se rots in onsekere tye deur die volgende te skenk:
-
Skoolfonds
-
Skooldrag
-
Skryfbehoeftes
-
Taspakket
-
Sportklere & - toerusting
-
Uitstappies
Daar is baie maniere om 'n verskil te maak en 'n goeie begin is half gewin!
Borg 'n broodjie
Laerskool Paul Greyling voed elke dag 50+ leerders. Vir baie van hierdie leerders is hierdie maaltye brood nodig.
Kontak gerus vir Celestine, die staatmaker agter hierdie wonderlike projek om betrokke te raak. Hande is soms net so nodig soos vars produkte.
Voedselpakkies vir gesinne is ook altyd welkom.