Search
  • LPG Sosiale span

2022 begin in volle vaart!



Wat ‘n wonderlike voorreg om hierdie jaar weer ons ouers langs die sportveld te kan verwelkom! Ons het die jaar afgeskop met nie net een nie, maar TWEE geesbou-geleenthede by die skool.


Die Pauli Vroeë leersentrum (wat strek van babas tot graad RR) het ‘n prettige Aloha-partytjie gehou om die jaar mee te begin. Dit was ‘n heerlike geleentheid waar ouers mekaar en hulle kinders se oulike onderwysers beter kon leer ken. Daar was ‘n waterwurm wat net so baie deur die ouers as die kinders geniet is en ons kon nie vir ‘n beter aand gevra het nie. Baie dankie aan die oulike Paulie personeel vir alles wat julle vir ons kleinspan doen! Ons sien uit om ‘n lang pad saam met elke Paulie ouer te loop.


Van Aloha tot by die jaarlikse kleure-atletiek! Die blou en geel span het omtrent gestoei oor die beker, maar die blou span het op die ou ent met die atletiekbeker weggeloop. Die geelspan het hard gewerk om die geesbeker te wen en die dag was ‘n reuse sukses. Twee gewigstootrekords is gebreek en die hoogtepunt was die oulike “pram”- resies wat deur die mammas van ons heel kleinste Paulies gehardloop is.


Ons bedank graag elke ouer en onderwyser wat betrokke was. Elke hand het die werk ligter gemaak. Van die wat met die optog gehelp het, die beamptes wat heeldag in die son was tot die pannekoekbakkers, braaiers en verkopers … julle is almal TOPS en ons waardeer julle ondersteuning op die dag en al die reelings voor die tyd om alles gereed te kry.


Baie geluk aan elke Paulie wat hulle alles op die baan gelos het. Ons het julle sien sweet en gesien hoe julle so hard as wat julle kan, hol om tot in mamma en pappa se arms te spring. Ons het gesien hoe julle sing en skree om julle maatjies aan te moedig. Ons het julle sien lag en dans en gesien hoe julle smul aan die lekkergoed by die snoepie. Ons het gesien hoe julle papiere optel en hoe julle fees vier toe julle wen. Ons is so bly om julle weer te sien meeding aan lekker sport en ons is bly om te sien julle geniet dit om ‘n Paulie te wees.


As die jaar SO begin, kan ons nie wag om te sien wat die res van 2022 inhou nie!







81 views0 comments

Recent Posts

See All

LAERSKOOL

PAUL GREYLING