Dis ‘n nuwe jaar en ons is ‘n parallel-medium skool. Wat beteken dit?! Wel, parallel is twee bene wat langs mekaar loop. Vir ons beteken dit dat Afrikaans en Engels ewe veel aandag sal kry en dus moet dinge so ‘n klein bietjie verander.
Everything we put out on social media will be an attempt at equal parts Afrikaans and English. We are all new to this so please be forgiving as we plough our way through the teething problems.
Dag 1 was vol opwinding en emosie en ons het ons nuwe gesiggies met ope arms ontvang. Wat ‘n voorreg om gesinne wat al lank deel van ons Paulie-familie is, terug te verwelkom met nog ‘n klein Paulie wat by ons deure instap. Ons het ook ‘n hele paar splinternuwe Paulie-ouers en ons kan nie wag om julle ordentlik by ons eerste atletiekbyeenkoms te ontmoet nie. Paul Greyling het ‘n uitstekend span betrokke ouers en ons help almal waar ons kan. Raak betrokke sodat julle sommer vinnig deel voel van ons lekker gemeenskap.
We are welcoming a whole new English class and a new grade one English teacher, Ms Leigh Maritz to our community. It was lovely to see the excitement in our little ones as you arrived for their first day of school and we know that you will slot into our value driven ethos easily. Thank you for trusting us with your precious children as we embark on our journey together. We look forward to meeting your whole family and that you will feel at home with us. We encourage you to reach out and get involved where you can.
Waarna sien ons die kwartaal uit?
Graad 7 dasseremonie (tie ceremony)
Boogskiet-kompetisie (Archery) op Saterdag 28 Januarie
Kleuresport atletiek en sosiale funksie (Athletics and social) op Saterdag 4 Februarie
Graad 7 leierskapontwikkel (leadership training)
Valentynsdag (Valentine’s day)
Graad 7 leiers-aankondiging (announcement of leaders)
댓글